top of page
grassny.JPG

Sleutel resultate

​

  1. Ná vyf jaar van geenbewerking het die struktuur en waterhouvermoë van die plaas se grond verbeter wat dit meer droogtebestand gemaak het.

  2. Ná 13 jaar van geenbewerking en vier jaar van dekgewasverbouing, het die grondkoolstof met 35% toegeneem, vergeleke met naburige plase onder konvensionele bestuur. Mielie-opbrengste het in 2022 (swak reënvaljaar) verdubbel in vergelyking met konvensionele buurplase.

  3. In 2020 is 60 hektaar dekgewasse aangeplant en 212 speenkalwers met ’n gemiddelde gewig van 105 kg is aangekoop. Die speenkalwers het vier maande op die dekgewasse en 2 maande op die mieliestoppels gewei. Teen 20 Julie 2020 het die gemiddelde gewig tot 187 kg toegeneem wat ’n gewigstoename van 70% in ses maande verteenwoordig.

  4. In droë jare kan die groot finansiële verliese wat deur mislukte oeste teweeg gebring word, gedeeltelik verreken word deur geenbewerking en dekgewasse waarop vee wei. In nat jare is die mielie-opbrengste soortgelyk aan konvensionele buurplase, maar die verhoogde kilogramme uit vee lei tot hoër winste

  5. Hoewel graanproduksie min of meer dieselfde gebly het, het die opbrengs in droër jare verbeter en die veegetalle verdriedubbel wat verbeterde winsgewendheid tot gevolg het.

  6. Ná die eerste jaar van dekgewasse het die mielielande minder siektes gehad. Aangesien bespuiting vir swam- of insekbesmetting nie nodig was nie, is sekere besparings op koste behaal en is die grond die skadelike effekte van hierdie bespuitings gespaar.

  7. Biodiversiteit in die lande neem toe en die hele plaas is meer volhoubaar

  8. Aangesien die grond vir die grootste deel van die jaar bedek is, bly die vog en gevolglik die groen plante baie langer staan in die lande

  9. Die verhoogde produksie en winsgewendheid kan nou vir hul twee seuns ’n toekoms op die plaas bied.

Plaas Agagia

Rangeland Booklet 2022 - ENGLISH FINAL_page21_image.png

Klaas Malan sê grond is nie net vuil nie. Grond is die tuiste van miljoene mikro-organismes wat vir jou wil werk – om jou 'n meer suksesvolle boer te maak. Maar jy moet ophou om hul huis (grondstruktuur) af te breek, anders gaan jy moeilikheid as boer in die gesig staar. Om oor te skakel na geenbewerking en dekverbouing het groot potensiaal om die grond, gesinne en gemeenskappe te laat herleef, maar die oorgang moet op 'n noukeurig beplande manier gedoen word.

bottom of page