top of page
weidingbestuur.jpg

Sleutel resultate

​

  1. Van 1993 tot 2013 het die bestokking voortdurend toegeneem van 3.2 kg/ha tot 12 kg/ha (200 beeste, 120 skape, 100 bokke), voordat die 2013-2019 droogtetydperk begin het.

  2. Die bestokking het in 2013-2019 se droogtetydperk tot 5 kg/ha afgeneem. Die kernbok- en beeskuddes het egter dié sewe jaar lange droogte (ergste sedert 1930) oorleef en herstel vinnig. Kuddebou is aan die gang. In ander droogtes in die verlede het bestokking teruggesak tot nul en moes telkens van voor af begin word.

  3. Kaal kolle het begin toegroei en meerjarige grasse (bloubuffel en Anthephora spp.) keer terug.

  4. Sedert 2000 vind ’n natuurlike afsterwing van verskeie houtagtige indringerspesies plaas, insluitend Acacia reficiens, Terminalia prunioides en Dichrostachys cinerea. Dit lyk egter of Colophospermum mopane onaangeraak bly.

  5. Roofdierkwessies word aangespreek deur kleinvee bedags op te pas en saans te kraal. Kalwers slaap vir vier maande in die kraal.

Plaas Tsuwandes

Rangeland Booklet 2022 - ENGLISH FINAL_page41_image.png

Frank en Katrin Bockmühl boer deeltyds met vasberadenheid om sukses op hul familieplaas in die droë noordweste te behaal. Grondherlewing is die hoofbeginsel, maar wanneer daar geen reën is nie, is daar geen groei nie.

bottom of page