BESKRYWING
Sentraal Hoogland Doringveld.
ONDERNEMING
Gediversifiseerde organiese en biodinamiese plaas; vernaamste ekstensiewe aktiwiteite is beeste; die beplande weiding en gekombineerde trop (PGCH-benadering) asook wild.
EIENDOMSGROOTTE
8 500 hektaar (waarvan slegs 4 000-6 000 ha deur beeste gebruik word as gevolg van die steil bergagtige landskap).
FUNKSIONELE KLASSIFIKASIE VAN AREA
Platorand met vlaktes en heuwels; ryp.
GEMIDDELDE JAARLIKSE REËNVAL EN VERANDERLIKHEID
Gemiddeld 427 mm; laagste 172 mm; hoogste 1 015 mm.
HOOGTE
1 850 meter bo seespieël.
BESIT OF HUUR
Artikel 21-maatskappy, nie vir wins nie; voltydse bestuur
MOTIVERING VIR VERANDERING EN BENADERING
Die ernstige impak wat die 1980’s se droogtetoestande op die plaas (sowel as nasionaal) gehad het, het boere aangemoedig om na nuwe maniere te kyk om veerkragtigheid in hul boerderyte verhoog en ’n praktyk-gerigte gemeenskap te ontwikkel.
HOOFINNOVASIE
Beplande weiding en oppasstelsel met honde en veewagters; mobiele oornagkrale om veiligheid moontlik te maak; beweiding op titelaktegrond deur herlewings-, organiese en biodinamiese beginsels te gebruik.
Bo: Illustreer die effek van droë bos wat gepak word om die vloei van water te vertraag en te herlei.
Voervoer vir diere: Die gemiddelde hoeveelheid beskikbare gras en bos in kilogram per hektaar is onderskeidelik 651 en 256 wat ’n totaal van 908 kg/ha voer aan die vee beskikbaar stel.
Boomdigtheid: Die gemiddelde houtagtige boomdigtheid is 519 TE/ha (boomekwivalente per hektaar).
Biodiversiteit: Die gras- en boskomponent bestaan uit onderskeidelik 23 en 13 spesies. Die biodiversiteit-indeks van die plaas is ’n goeie waarde (0,7) wat dui op min dominansie tussen grasse en bosse wat op die plaas groei.
Bo: Die kenmerkende groen area dui op ’n proef wat in Junie 2018 gedoen is met ’n elektries omheinde oornagkraal vir 500 stuks bees en wat vir sewe dae in stand gehou is (nog steeds sigbaar in 2022). Die trop het ’n hoë mis-, uriene-en hoef-impak op die grond verskaf. Die verhoogde koolstof en voedingstowwe in die grond het gelei tot ’n ontploffing van diversiteit en ’n toename in die kwaliteit van beskikbare voer vir die vee. Hierdie suksesvolle proef versterk die behoefte om die metodiek van diere-impak te bevorder ten einde die grond, veral swaarder kleigrond, te verbeter.