top of page
P3210327.JPG

Sleutel resultate

​

  1. Sedert Chris ’n koeikalfkudde bestuur, moes hy nog nooit vee verkoop of verskuif weens droogte nie.

  2. Lugbespuiting van bosdoders het ’n goeie balans van bome, smaaklike breëblaar struike, kruide en grasse gelaat.

  3. In plaas daarvan om ses jaar ná die lugbespuiting bosdoders vir nasorg te gebruik, word vuur gebruik. Die kampe word vir een jaar gerus om brandmateriaal op te bou vir beheerde brand. Brand is goedkoper en doeltreffender as bosdoders.

  4. Lae insetkoste ná lugbespuiting.

  5. Verskeie meerjarige grasse het onder verskeie toestande teruggekeer. Herlewing is duidelik aan die gang.

  6. Vingergras (Digitaria) en Brachiaria keer terug in gebiede waar groot bome gevrek het ná die lugbespuiting. Aangesien geen houtskoolproduksie plaasgevind het nie, vestig die grasse onder hierdie dooie bome.

  7. Panicum neem oor by die suurgras (Schmidtia) in die riviergebiede en begin nou in die oopte inbeweeg. Aangesien ryp die sekelbos (Dichrostachys) in die gebied beheer, bly dit op ’n bruikbare hoogte.

  8. Kweekgras (Cynodon) het gaandeweg die dongas oortrek, wat nou skuins in plaas van steil is. Dit dui daarop dat die water op die grond bly en nie vinnig en sterk vloei nie, of skade langs die vloei-area veroorsaak nie.

Plaas Dabis (Oos)

Rangeland Booklet 2022 - ENGLISH FINAL_page37_image.png

Chris Coetzee sê die koste van ’n bakkie wat in 1970 gekoop is (R2 200), is vandag dieselfde gemeet aan die geldwaarde van die hoeveelheid speenkalwers wat verkoop moet word. Motors is nie duurder nie; plaasproduktiwiteit het eerder drasties afgeneem, en dit moet ons as ’n besigheid, as ’n wetenskap en as ’n kuns intensief ondersoek.

bottom of page