top of page
DSCF1041.JPG

Sleutel resultate

​

  1. Verhoog die volhoubare bestokking met 60% van 667 tot meer as 1 060 beeste.

  2. Die begin bestokking was 25 kg lewende gewig/ha. Dit het ses jaar geneem om produksie van 40 kg/ha te behaal en 15 jaar om 45 kg/ha te bereik.

  3. Anders as in vorige droogtes, kon die plaas in die 2019-droogte die hele kernkudde dra teen 29 kg/ha. In hierdie tyd moes baie ander boere alles verkoop.

  4. Die diversiteit van plante het toegeneem en die diere benut die smaaklike bosse, kruide en peulgewasse wat goeie diereprestasie en finansiële opbrengste tot gevolg het.

  5. Die plaas is nou ’n aangename, lae stres-onderneming met stabiele en gesonde personeelverhoudings.

  6. Minimale aanvullings (melasse, ureum en fosfaat) word verskaf slegs wanneer nodig, wat geweldig op koste bespaar.

  7. Jaarlikse begrotings word bereken vir deurlopende selektiewe handuitdunning van bos, veral in die kalkgebiede.

Plaas Agagia

Rangeland Booklet 2022 - ENGLISH FINAL_page19_image.png

Hendrik Botha se visie in 1986 was om bosindringing aan te spreek terwyl hy fokus op goeie weiveld en veebestuur, en om sy drakrag te verhoog na meer as 40 kg/ha en produksie te verhoog na 18 kg/ ha. Die verwesenliking van hierdie langtermynvisie het noukeurige beplanning, ywer en deurlopende harde werk geverg.

bottom of page