top of page
weidingbestuur.jpg

Sleutel resultate

​

  1. Die verandering van Boesman- na suurgras het skaap- en beesproduksie verhoog, en gesorg vir gebaalde gras vir droogtetydperke.

  2. Skaap-kleinvee-eenhede (SVE) het sedert 2013 van 1 934 tot 2 770 in 2022 toegeneem en het deur die 2019-droogte 2 028 SVE gehandhaaf danksy bosuitdunning (wat deur die familiehoutskoolonderneming betaal word) en weidingbestuur.

  3. Die persentasie lammers was gemiddeld 90% oor die afgelope 10 jaar in een teelseisoen per jaar.

  4. Die gebruik van aangepaste rasse het lae insetkoste moontlik gemaak, wat verder verminder is deur die versameling van kameeldoring- en prosopispeule vir byvoeding.

  5. Om markgewig te bereik word skape net een keer per jaar in die optimum tyd en tydens optimum liggaamskondisie gepaar sodat die lammers op goeie weiding gebore word. Dit verminder byvoedingkoste.

  6. Volgens konvensionele departementele riglyne is die amptelike bestokking 1:2.5 ha vir kleinvee en 1:18 vir beeste. Paul meen ’n bestokking van 1:1 kan vir beeste en skape op ontboste stroke bereik word.

​

Plaas Adrianopel

Rangeland Booklet 2022 - ENGLISH FINAL_page47_image.png

Paul Kotzé kyk na hoëdigtheid, selektiewe beweiding uit ’n ander perspektief. Vir hoë winste gebruik hy hoë digtheid om lae biodiversiteit (eenjarige gras) te handhaaf. Sy benadering is glad nie daarop gegrond om meerjarige gras te bevorder nie.

PDFelement_7UO55mz43U.png

Ekologiese en finansiële veerkragtigheid tydens en na die 2019 droogte. Onttrekking van 
die kernskaapkuddes het in die 2019-droogte voorgekom en 2050 kleinvee-eenhede was 
in stand gehou.

bottom of page