top of page

NAU Videos

Droogteondersteuning vir ons boere

Episode 13

In hierdie episode deel Annalize Burger met ons die diepgaande betekenis van Christus se krag en genade wat ons geloof anker en ons tot geloofsgetuienis roep, ons fokus na Hom verskuif juis te midde van teenspoed, veral tydens tye soos die nag in Getsémané waar onsekerheid en vrees oorheers het.  

Episode 14

Richard Peens (Voermeester) deel praktiese wenke hoe om die droogte te navigeer.

Episode 11

Biddag vir reën saam met Ds Dries Burger.

Episode 12

In hierdie episode deel 3 boere hulle siening oor standvastigheid in gebed en geloof.

Episode 9

Vandag deel Hester Steenkamp van Mariental haar gedagtes met ons.

Episode 10

In hierdie episode gesels ons met Dr Louis du Pisani oor praktiese wenke om boere te ondersteun tydens periodes van droogte.

Episode 7

Ds. Dries Burger bemoedig ons boere.

Episode 8

Vandag gesels ons met Richard Peens, Voermeester Tegniese Adviseur, wat vir ons wenke gee oor die vroeë speen van kalwers.

Episode 5

Ter nagedagtenis aan Royston Wright, wat sy ondervinding en wyshede in tye van droogte gedeel het.

Episode 6

In hierdie episode bied Chris Smit sy bestuursmaatreëls vir kleinvee aan.

Episode 3

In hierdie episode bied Christine Stoman haar insig oor om vir mekaar daar te wees tydens moeilike tye. 'n Eenvoudige woord kan jou deur die moeilikheid dra en die ondersteuning bied wat jy nodig het om jou geloof te vind.

Neem deel en stuur jou bydrag, waarin jy jou ondersteuning en praktiese voorstelle met vir medeboere deel.

Saam staan ons sterk in tawwe tye!

Episode 4

Jako van Wyk, die Voorsitter van die LPO, boer in die Aranos omgewing. In hierdie episode werp hy lig op die belangrikheid van die oordrag van kennis van een geslag na die volgende. Hy besin oor die tradisies en wyshede wat van generasie tot generasie deurgegee word, en hoe hierdie kennis 'n kritiese rol speel in die hantering van uitdagings soos droogte.

Neem deel met jou bydrae aan mede boere. Ons leer deur te deel. Wat doen jy in sulke tawwe tye?

Episode 1

Droogtetyd is krisistyd, en die NLU is bewus van sy verantwoordelikhede teenoor sy lede. Dus wil ons graag lede ondersteun met morele, sielkundige, en praktiese ondersteuning deur 'n videoreeks. Die Landbou-unie gaan in hierdie reeks videos poog om u as boer praktiese wenke en praktiese oplossings te gee om u te help besluit hoe om hierdie droogte te bestuur.

Saam staan ons sterk in tawwe tye!

Episode 2

Vandag gesels ons met die gesoute boere Ursula Lüsse en Dawie Kok, as ook met Jaco Labuschagne van Feedmaster Namibia oor wat 'n mens kan doen om deur 'n droogte te kom, en jou kudde te beskerm.

Saam staan ons sterk in tawwe tye!

bottom of page