top of page

Media Coverage

Stay up to date with what's happening in the media.
Announcement-1.png
Radio Interviews
Kanaal 7.png

Hartklop FM - Landbou Mikrofoon

17 Oktober 2026

  • Med Handura, voorsitter van die BKS Steunfonds, het verduidelik dat die fonds geld insamel om DVS te ondersteun, dat toetsstelle, tente en slaapsakke vir veldspanne reeds aangekoop is en dat die fonds onafhanklik geouditeer word met rekords wat oop is vir die publiek. Hy het Namibiërs aangemoedig om kontant of in natura by te dra en gesê skenkings sal binnekort ook via banktoepassings moontlik wees.

00:00 / 10:39

Hartklop FM - Landbou Mikrofoon

17 Oktober 2026

  • Claudia Dohmen, het die 2026-mielie-oes van sowat 114 000 ton as een van die grootstes nog beskryf, maar gesê vol meulens en stadige mieliemeelverkope het lewering vertraag, sodat produsente mielies tydelik op hul plase moes opberg. ’n Groot deel van die oes word nou in silosakke by die meulens geberg en produsente word betaal soos dit verkoop word.

00:00 / 10:09

Hartklop FM - Landbou Mikrofoon

17 Oktober 2026

  • Ds Dries Burger het gesê skok, ongeloof en die drang om iemand te blameer beskuldig is normale reaksies op die BKS-krisis, maar het boere aangemoedig om hulle nie te isoleer nie, hulp te vra en mekaar emosioneel en geestelik te ondersteun. Hy het ook almal opgeroep om verantwoordelik op te tree sodat die siekte nie versprei nie en eerder na hul geloof te draai as om paniekerig te raak.

00:00 / 11:57

Kanaal 7 - Landbou Aktueel

14 Oktober 2026

  • Marianne Pretorius van die NLU het alle rolspelers uitgenooi na inligtingsessies waar die NLU, die ander landbou-unies en DVS oor die nuwe BKS-beheermaatreëls en die inentingsgebied terugvoer gee. Die sessies vind op  Keetmanshoop (22 Oktober), Aroab (23 Oktober) en Karasburg (24 Oktober) plaas. Sy het belanghebbendes versoek om hul vrae saam te bring en hul voertuie, wiele, skoene en klere te ontsmet.

00:00 / 01:42

Kanaal 7 - Landbou Joernaal

24 Oktober 2026

Bly op hoogte van jou weeklikse landbounuus op Landbou Joernaal, Saterdagoggende van 06:00 tot 07:00. Hierdie week se gaste:

  • Waarom is biosekuriteit so belangrik vir jagplase en almal in die toerismebedryf? NAPHA se Kristin Maritz gee die nodige inligting.

  • Dr Andreas Gaugler gee inligting oor BKS-entings en -prosedures.

  • Waar staan Droogtehulp Namibië tans met finansies en wat is op die tafel? Henriëtte le Grange stel die saak in perspektief.

  • Landbouweekblad se Elzette Boucher-Kruger neem ons op ’n reis deur hierdie week se uitgawe.


Luister na Landbou Joernaal Saterdagoggend om 06:00, met ’n herhaling Woensdag tussen 20:00 en 21:00. Kanaal 7 is beskikbaar op DSTV se klankkanaal 825, via die selfoontoep en aanlyn by www.k7.com.na. Vorige uitsendings is ook onder Potgooi te vinde. Besoek die Landbou op K7 Facebook-bladsy, sowel as Kanaal 7 se webwerf vir interessante artikels en gebeurtenisse.

Funkhaus Namibia - Farmer-Infos

16 Oktober 2026

  • Gernot Eggert voorsitter van die Akkerbouprodusentevereniging, het verduidelik dat die rekordoes van 110 000 ton tot 114 000 ton meegebring het dat tot 20 000 ton tydelik geberg moes word, en dat die Akkerbouraad (NAB)  fondse vir nuwe silo’s goedgekeur het. Hy het produsente aangemoedig om die konsultasies by Summerdown en Grootfontein by te woon om te help besluit waar die silo’s gebou moet word.

00:00 / 02:12

Die Farmer-Infos gibt es jeden Freitag um 16:15, Samstags zwischen 13:15 und 14:00 und Montags um 07:15 bei Funkhaus Namibia.

AgriPulse.png

NBC English - AgriPulse

17 Oktober 2026

Tune in every Saturday morning at 07:00 to AgriPulse on NBC English for the latest agricultural news and conversations with industry experts. Last week’s programme:

​

  • Leigh-Ann Nehoya, van die NLU het namens die Akkerbouprodusentevereniging alle graanprodusente aangemoedig om deel te neem aan die Akkerbouraad  (NAB) se konsultasies oor ’n uitvoerbaarheidstudie vir nuwe graanopbergingsfasiliteite en -insamelingsentrums. Die oorblywende sessies is in op Katima Mulilo (23 Oktober), Eenhana (26 Oktober), Ondangwa (28 Oktober), Otavi (29 Oktober) en in Windhoek (week van 2 November. Die datum sal nog bevestig word).

00:00 / 01:52
Radio Interviews
bottom of page