Media Coverage
Stay up to date with what's happening in the media.

Radio Interviews


Hartklop FM - Landbou Mikrofoon
03 Oktober 2026
-
Jako van Wyk het boere opgeroep om saam agter DVS te staan in die stryd teen die BKS-uitbreking, om feite by amptelike bronne na te gaan voordat hulle gerugte glo, en om hul energie daarop toe te spits om deur die krisis te kom en markte terug te wen, eerder as om iemand te soek om te blameer.
Hartklop FM - Landbou Mikrofoon
03 Oktober 2026
-
Rina Hough het die nuwe operasionele kamer by die NLU verduidelik, waar die BKS Steunfonds en die NLU kommunikasie, fondsinsameling en praktiese steun aan DVS koördineer. Sy het ook ’n beroep op die publiek gedoen vir items soos kampeertoerusting, storte en kos vir die opsporingspanne in die veld.
Hartklop FM - Landbou Mikrofoon
03 Oktober 2026
-
Roelie Venter het ’n opdatering oor die BKS-uitbreking gegee (vyf positiewe plase op daardie tydstip, almal in die Karasburg-distrik). Hy het verduidelik waarom die landbou-unies die President gevra het om ’n noodtoestand af te kondig, en die bedreiging vir uitvoermarkte en die rol van die BKS Steunfonds bespreek. Sy sterkste boodskap was dat boere nou hul kontantvloei moet bestuur en met hul banke moet praat.
Kanaal 7 - Landbou Aktueel
07 Oktober 2026
-
Dr Ingrid Henckert-Weissnar het die rol van die BKS Steunfonds verduidelik, wat deur Namibië se landbou-unies gestig is om geld en voorrade uit die privaatsektor in te samel ter ondersteuning van spanne van die Direktoraat Veeartsenydienste (DVS) in die veld. Sy moedig luisteraars aan om www.fmdsupportfund.com te besoek vir bevestigde nuus oor die uitbreking, veeartse se kontaknommers, bewegingsbeperkings en maniere om die fonds te ondersteun.
Kanaal 7 - Landbou Joernaal
10 Oktober 2026
In Landbou Joernaal hierdie Saterdagoggend om 06:00 kan jy uitsien na die volgende:
-
Finansiële raad vir veeboere in moeilike tye deur Berni Schroër.
-
Jasper Raats van Landbouweekblad hou ons ingelig oor die inhoud van hierdie tydskrif.
-
Laeveld Agrochem Namibië se Dawie Oosthuizen praat oor hulle nuwe divisie in die land en wat hulle vir landbou bied.
-
Trofeejag word ook deur BKS geraak. Kristin Maritz van NAPHA gee meer inligting.
Luister na Landbou Joernaal Saterdagoggend om 06:00, met ’n herhaling Woensdag tussen 20:00 en 21:00. Kanaal 7 is beskikbaar op DSTV se klankkanaal 825, via die selfoontoep en aanlyn by www.k7.com.na. Vorige uitsendings is ook onder Potgooi te vinde. Besoek die Landbou op K7 Facebook-bladsy, sowel as Kanaal 7 se webwerf vir interessante artikels en gebeurtenisse.

Funkhaus Namibia - Farmer-Infos
02 Oktober 2026
-
Nicole Schwandt berichtet über den MKS-Ausbruch und die Forderung nach einem Ausnahmezustand
Die Farmer-Infos gibt es jeden Freitag um 16:15, Samstags zwischen 13:15 und 14:00 und Montags um 07:15 bei Funkhaus Namibia.


